24/03/2026
Dit het onder my aandag gekom dat pasiënte nie seker is watse dienste alles deur die praktyk verskaf word nie.
By dr Ronel:
Algemene ondersoek/jaarliks
Gewone stopsels
Estetiese sowel as gewone kroon en brug werk, digitale afdrukke
Implantaat belading. (Implantaat word deur spesialis geplaas en ek doen die herstelling (prostese) bo op)
Ortodontiese behandeling (eerste en tweede fase). Vanaf ouderdom 8 reeds
‘Clear Aligners’
Valstande/kunsgebitte. Vol en gedeeltelik, van die gedeetelike gebitte kan ook uit buigbare materiaal gemaak word (flexi denture)
Wortelkanaal behandeling
Pyn behandeling met laser
Tandvleis herkontoering met laser
Bytplaatjies/mondskerms/grindstop/retainers
Deur Jana ons mondhigiënis
Skoonmaak (skalering en polering)
Fluoried behandeling
Laser bleiking
Laser behandeling in periodontitis (tandvleis siekte)
Spesiale aandag aan gebitte en implantate tydens skoonmaak
Verstelling van ortodontiese toestelle
Plasing van vaste retensies
Neem van panoramiese en kefalometriese x-straal fotos
Rekord opnames vir ‘clear aligners’