28/06/2019
So sluit ek my hoofstuk as tandarts in Nylstroom af saam met die praktyk se 3de verjaarsdag.
Wil net se dankie aan elke pasiënt wat ons ondersteun het en gehelp het om die praktyk so groot sukses te maak!
Wil ook se dankie aan al my personeel wat al by die praktyk gewerk het om dit 'n sukses te maak: Rentia, Meinie, Madelie en spesiaal vir Drika wat al die jare saam my was en gebly het.
Ons verwelkom vir Dr Werner Muller vanaf 1 Julie en is dankbaar dat hy nou mooi na almal sal omsien.
Ek sien uit na die nuwe fase van my lewe om mamma te word, en sal almal van julle nooit vergeet nie! Weereens baie dankie! 🥰