Hartenbos Tandartse

Call Directions Website Contact the practice

Hartenbos Tandartse Welcome to Hartenbos Tandartse | Dental. A practice situated in the center of Hartenbos in the beautiful Garden Route, since 1986.

Our vision is to keep up to date with the latest technology and current methods whilst still offering personal service...

Gesonde Tandvleis Is Die Fondasie Vir Gesonde Tande.Sukkel jy met rooi, opgeswelde of bloeiende tandvleis?  Moet dit ass...
13/10/2026

Gesonde Tandvleis Is Die Fondasie Vir Gesonde Tande.

Sukkel jy met rooi, opgeswelde of bloeiende tandvleis? Moet dit asseblief nooit ignoreer nie.

Dit kan vroeë tekens van tandvleissiekte wees en, as dit onbehandel bly, kan dit selfs tot tandverlies lei.

Die goeie nuus is dat vroeë behandeling baie effektief is.

As jy veranderinge aan jou tandvleis opmerk, maak gerus 'n afspraak.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Herstel Jou Glimlag Met Tandimplantate.'n Ontbrekende tand beïnvloed meer as net jou glimlag en hoe jy kou en byt. Dit k...
06/10/2026

Herstel Jou Glimlag Met Tandimplantate.

'n Ontbrekende tand beïnvloed meer as net jou glimlag en hoe jy kou en byt. Dit kan ook jou spraak en selfvertroue beïnvloed.

Tandimplantate bied 'n sterk, natuurlike en langtermyn oplossing wat soos jou eie tande lyk en funksioneer.

Indien jy een of meer tande verloor het, gesels met ons oor die behandelingsopsies wat die beste by jou pas. Saam kan ons jou glimlag en jou selfvertroue herstel.

Oktober is Mondgesondheid-bewusmakingsmaand.'n Gesonde glimlag begin by eenvoudige daaglikse gewoontes.🦷 Borsel twee kee...
01/10/2026

Oktober is Mondgesondheid-bewusmakingsmaand.

'n Gesonde glimlag begin by eenvoudige daaglikse gewoontes.

🦷 Borsel twee keer per dag.
🦷Vlos daagliks.
🦷Beperk suiker tussen etes.
🦷Besoek jou tandarts gereeld vir ondersoeke.

Hierdie is die maklike stappe wat jy kan neem om vir jou glimlag te sorg. En, as jy kinders of kleinkinders het, onthou om hierdie gewoontes ook deel van hulle daaglikse roetine te maak.

As jy enige bekommernis oor jou tande het of tandpyn ervaar, maak dadelik ‘n afspraak by jou tandarts. Ons is hier om jou glimlag gesond te hou.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Wanneer Laas Het Jy Jou Tandeborsel Vervang?Lyk dit of jou tandeborsel saam met Noag in die Ark was? Wel, dit is ‘n nuwe...
28/09/2026

Wanneer Laas Het Jy Jou Tandeborsel Vervang?

Lyk dit of jou tandeborsel saam met Noag in die Ark was? Wel, dit is ‘n nuwe seisoen en jou tande verdien ‘n nuwe begin! Selfs die beste tandeborsel verloor met tyd sy doeltreffendheid.

Ons beveel aan dat jy jou tandeborsel of elektriese tandeborsel se kop ongeveer elke drie maande vervang, of selfs vroeër as die haartjies begin uitsprei.

'n Nuwe tandeborsel maak dit makliker om plaak effektief te verwyder en help om jou glimlag gesond te hou.

Skop die lieflike lente-seisoen op die regte noot af en koop vir jou ‘n nuwe tandeborsel.

Gelukkige Erfenisdag!Vandag vier ons die mense, kulture en tradisies wat Suid-Afrika so besonders maak.Of jy vandag saam...
24/09/2026

Gelukkige Erfenisdag!

Vandag vier ons die mense, kulture en tradisies wat Suid-Afrika so besonders maak.

Of jy vandag saam met familie braai, tyd saam met vriende deurbring of net die vakansiedag geniet, ons hoop daar is baie redes om te glimlag.

Geniet 'n wonderlike Erfenisdag!

Beskerm Jou Tande Terwyl Jy Slaap.Word jy soggens met 'n seer kakebeen of hoofpyn wakker?  Tandekners kan dalk die oorsa...
17/09/2026

Beskerm Jou Tande Terwyl Jy Slaap.

Word jy soggens met 'n seer kakebeen of hoofpyn wakker? Tandekners kan dalk die oorsaak wees.

Baie mense kners of klem onbewustelik op hul tande gedurende die nag. Met verloop van tyd kan dit lei tot afgeslyte tande, gebreekte vulsels, hoofpyne en kaakpyn.

'n Bytplaat (nightguard) wat spesiaal vir jou ontwerp word, help om jou tande te beskerm en die druk op jou kake te verminder.

Kontak ons vandag nog sodat jy jou tande kan beskerm – selfs wanneer jy slaap.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Wanneer Moet 'n Tand Getrek Word?By Hartenbos Tandartse verstaan ons die belangrikheid daarvan om alles moontlik te doen...
14/09/2026

Wanneer Moet 'n Tand Getrek Word?

By Hartenbos Tandartse verstaan ons die belangrikheid daarvan om alles moontlik te doen om natuurlike tande te behou. Soms is dit egter die beste opsie om 'n tand te verwyder. ‘n Tand is dalk so ernstig beskadig, besmet of kan nie meer herstel word nie.

Ons verstaan dat dit vir baie mense 'n spanningsvolle ervaring is. Daarom doen ons alles moontlik om die behandeling so gemaklik en pynvry as moontlik te maak.

Maak vandag nog jou afspraak. Ons is hier om jou deur elke stap van die proses te begelei.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

'n Wortelkanaal Kan Jou Tand Red.Baie mense skrik hulle boeglam sodra hulle die woord “wortelkanaal” hoor. Maar moderne ...
27/08/2026

'n Wortelkanaal Kan Jou Tand Red.

Baie mense skrik hulle boeglam sodra hulle die woord “wortelkanaal” hoor. Maar moderne tandheelkunde maak hierdie behandeling baie gemakliker as wat die meeste mense dink.

Hoe kan ‘n wortelkanaal behandeling jou tand red?

Wanneer die sagte weefsel binne-in 'n tand ontsteek of besmet raak, beteken dit nie noodwendig die tand moet getrek word nie.

Met 'n wortelkanaalbehandeling kan die besmette weefsel verwyder word, die tand skoongemaak word en daarna herstel word sodat jy jou natuurlike tand kan behou.

Moenie pyn ignoreer nie. Kontak ons vriendelike tandartse, want vroeë behandeling is belangrik.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Gesonde Gewoontes Begin Vandag.'n Gesonde glimlag begin by die klein gewoontes wat jy elke dag tuis volg. Borsel jou tan...
19/08/2026

Gesonde Gewoontes Begin Vandag.

'n Gesonde glimlag begin by die klein gewoontes wat jy elke dag tuis volg.

Borsel jou tande twee keer per dag vir ten minste twee minute.

Gebruik 'n fluoriedtandepasta en maak daagliks tussen jou tande skoon met vlos.

Hierdie eenvoudige roetine help om tandbederf en tandvleissiekte te voorkom en hou jou glimlag langer gesond.

Onthou: Klein gewoontes vandag maak 'n groot verskil môre.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Het Jy Geweet?Onthou jy nog toe daardie eerste melktandjie van jou baba deurbreek?  En die eerste besoek van die tandemu...
13/08/2026

Het Jy Geweet?

Onthou jy nog toe daardie eerste melktandjie van jou baba deurbreek? En die eerste besoek van die tandemuis, toe hy sy eerste melktandjie wissel. Kinders ontwikkel uiteindelik 20 melktande wat later plek maak vir 32 permanente tande.

Al is melktande net tydelik, speel hulle 'n baie belangrike rol. Hulle help kinders om behoorlik te kou, duidelik te praat en dien as plekhouers vir die permanente tande wat later deurbreek.

Help jou kinders om van kleins af goeie mondsorggewoontes aan te leer. Só bou julle saam aan 'n gesonde glimlag wat 'n leeftyd kan hou.

Address

30 Stellenbosch Avenue
Hartenbos
6520

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00

Telephone

+27446951134

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartenbos Tandartse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Hartenbos Tandartse:

Shortcuts

Share