Hartenbos Tandartse

Hartenbos Tandartse Welcome to Hartenbos Tandartse | Dental. A practice situated in the center of Hartenbos in the beautiful Garden Route, since 1986.

Our vision is to keep up to date with the latest technology and current methods whilst still offering personal service...

'n Wortelkanaal Kan Jou Tand Red.Baie mense skrik hulle boeglam sodra hulle die woord “wortelkanaal” hoor. Maar moderne ...
27/08/2026

'n Wortelkanaal Kan Jou Tand Red.

Baie mense skrik hulle boeglam sodra hulle die woord “wortelkanaal” hoor. Maar moderne tandheelkunde maak hierdie behandeling baie gemakliker as wat die meeste mense d**k.

Hoe kan ‘n wortelkanaal behandeling jou tand red?

Wanneer die sagte weefsel binne-in 'n tand ontsteek of besmet raak, beteken dit nie noodwendig die tand moet getrek word nie.

Met 'n wortelkanaalbehandeling kan die besmette weefsel verwyder word, die tand skoongemaak word en daarna herstel word sodat jy jou natuurlike tand kan behou.

Moenie pyn ignoreer nie. Kontak ons vriendelike tandartse, want vroeë behandeling is belangrik.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Gesonde Gewoontes Begin Vandag.'n Gesonde glimlag begin by die klein gewoontes wat jy elke dag tuis volg. Borsel jou tan...
19/08/2026

Gesonde Gewoontes Begin Vandag.

'n Gesonde glimlag begin by die klein gewoontes wat jy elke dag tuis volg.

Borsel jou tande twee keer per dag vir ten minste twee minute.

Gebruik 'n fluoriedtandepasta en maak daagliks tussen jou tande skoon met vlos.

Hierdie eenvoudige roetine help om tandbederf en tandvleissiekte te voorkom en hou jou glimlag langer gesond.

Onthou: Klein gewoontes vandag maak 'n groot verskil môre.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Het Jy Geweet?Onthou jy nog toe daardie eerste melktandjie van jou baba deurbreek?  En die eerste besoek van die tandemu...
13/08/2026

Het Jy Geweet?

Onthou jy nog toe daardie eerste melktandjie van jou baba deurbreek? En die eerste besoek van die tandemuis, toe hy sy eerste melktandjie wissel. Kinders ontwikkel uiteindelik 20 melktande wat later plek maak vir 32 permanente tande.

Al is melktande net tydelik, speel hulle 'n baie belangrike rol. Hulle help kinders om behoorlik te kou, duidelik te praat en dien as plekhouers vir die permanente tande wat later deurbreek.

Help jou kinders om van kleins af goeie mondsorggewoontes aan te leer. Só bou julle saam aan 'n gesonde glimlag wat 'n leeftyd kan hou.

Gelukkige Nasionale Vrouedag!Vandag bring ons hulde aan al die wonderlike vroue wat elke dag met toewyding, omgee en deu...
09/08/2026

Gelukkige Nasionale Vrouedag!

Vandag bring ons hulde aan al die wonderlike vroue wat elke dag met toewyding, omgee en deursettingsvermoë 'n verskil maak.

Aan elke pasiënt, ma, ouma, dogter, vriendin én die ongelooflike vroue wat deel is van ons Hartenbos Tandarts-span: baie dankie vir alles wat julle doen.

Neem asseblief kennis: Ons praktyk sal môre gesluit wees weens die openbare vakansiedag.

En onthou...bederf die vroue in jou lewe op Vrouedag.

Is daar iemand wat nie enige stres ervaar nie? Ons is besig, die wêreld is deurmekaar – inderdaad stresvol! Het jy gewee...
30/07/2026

Is daar iemand wat nie enige stres ervaar nie? Ons is besig, die wêreld is deurmekaar – inderdaad stresvol! Het jy geweet dat stres kan veroorsaak dat jy (soms onwetend) op jou tande kners? En dit gebeur dikwels terwyl jy slaap!

Tandekners kan lei tot kaakpyn, hoofpyne en selfs beskadigde tande.

As jy spanning in jou kake of tandpyn ervaar, kom gesels met ons. Ons kan jou help.

📞 Maak ’n afspraak: 044 695 1134

Dit Is Weer Tyd vir Jou Tandarts Ondersoek.Ons is al halfpad deur die jaar, kan jy dit glo! Hier is ‘n belangrike vraag....
22/07/2026

Dit Is Weer Tyd vir Jou Tandarts Ondersoek.

Ons is al halfpad deur die jaar, kan jy dit glo! Hier is ‘n belangrike vraag...het jy al ‘n afspraak vir jou tandartsondersoek gemaak?

Gereelde ondersoeke help om probleme vroeg op te spoor en jou glimlag gesond te hou.

📞 Bel 044 695 1134 om jou afspraak te maak

Sukkel jy met kou, kaakongemak of tande wat nie reg op mekaar pas nie?Bytprobleme kan ongemak, slytasie en selfs hoofpyn...
14/07/2026

Sukkel jy met kou, kaakongemak of tande wat nie reg op mekaar pas nie?

Bytprobleme kan ongemak, slytasie en selfs hoofpyne veroorsaak.

Ons sal jou graag help om ‘n oplossing vir die probleem te vind.

📞 Skakel 044 695 1134

Begin Vroeg met Goeie Gewoontes.Kinders en ouers se kwartaalprogram is ‘n warrelwind van bedrywighede. Maar die skoolvak...
06/07/2026

Begin Vroeg met Goeie Gewoontes.

Kinders en ouers se kwartaalprogram is ‘n warrelwind van bedrywighede. Maar die skoolvakansie is die ideale tyd vir tandartsbesoeke.

Help jou kind om goeie mondhigiëne gewoontes te ontwikkel wat ’n leeftyd kan hou. Verduidelik die belangrikheid van gereelde tandartsbesoeke aan hulle en...

📞 Maak vandag julle afspraak: 044 695 1134

40 Jaar van Glimlagte – Die Verhaal van Hartenbos Tandartse. 🎉Sommige verhale word nie net in jare gemeet nie, maar in m...
03/07/2026

40 Jaar van Glimlagte – Die Verhaal van Hartenbos Tandartse. 🎉

Sommige verhale word nie net in jare gemeet nie, maar in mense se lewens. In glimlagte wat herstel is. In vertroue wat oor dekades gebou is. In verhoudings wat van geslag tot geslag voortleef.

Vandag vier Hartenbos Tandartse met groot dankbaarheid 40 jaar van toewyding, passie en uitnemende tandheelkundige sorg.😁

Die verhaal het op 3 Julie 1986 begin toe Dr. Piet Kamfer 'n droom gehad het – om 'n tandartspraktyk te vestig waar pasiënte nie net die beste behandeling ontvang nie, maar waar elke persoon met respek, deernis en opregte omgee behandel word. Met sy passie vir tandheelkunde, sy onwrikbare werketiek en sy liefde vir mense het hy die fondasie gelê van iets wat veel groter sou word as net 'n praktyk. Hy het 'n nalatenskap begin.

Met elke jaar het ons nie net as praktyk gegroei nie – ons het saam met ons gemeenskap gegroei. Ons het die voorreg gehad om deel te wees van soveel families se lewens. Vandag behandel ons gesinne oor verskillende geslagte: van kleuters wat met groot oë hul eerste tandartsbesoek ervaar, tot ouers, grootouers en selfs 'n besonderse 104-jarige pasiënt wat steeds sy glimlag aan ons toevertrou. Dít is die grootste bewys van die vertroue wat oor 40 jaar gebou is.

Soos die praktyk gegroei het, het nuwe dokters hul passie, kennis en unieke talente by hierdie droom gevoeg.

Dr. Gustav Kamfer het sy pa se liefde vir tandheelkunde voortgedra en die volgende hoofstuk van die Kamfer-nalatenskap begin skryf. Met moderne tegnologie, vars idees en dieselfde waardes van integriteit en omgee, help hy om die praktyk gereed te maak vir die toekoms.

Dr. Werner Botha het met sy uitstekende kliniese vaardighede, vriendelike geaardheid en opregte toewyding aan sy pasiënte 'n onmisbare deel van die span geword. Sy passie vir uitnemendheid dra elke dag by tot die hoë standaard waarvoor Hartenbos Tandartse bekend staan.

Dr. AG Middel se storie is besonder uniek. As voormalige pasiënt van die praktyk het hy reeds as student hier begin skaduwerk, en vandag is hy 'n gewaardeerde deel van die span. Sy reis weerspieël presies waarvoor Hartenbos Tandartse staan – om mense te inspireer, te ontwikkel en saam te groei.

Maar hierdie 40 jaar gaan oor soveel meer as net die dokters.

Dit gaan oor elke ontvangsdame wat pasiënte met 'n glimlag verwelkom het. Dit gaan oor elke assistent en spanlid wat met trots en toewyding hul deel gedoen het. Dit gaan oor elke persoon wat oor die afgelope vier dekades bygedra het om Hartenbos Tandartse te maak wat dit vandag is.

En bowenal gaan dit oor julle – ons pasiënte.

Dankie dat julle ons vertrou met julle gesondheid. Dankie dat julle ons deel gemaak het van julle families se lewens. Dankie dat julle saam met ons hierdie ongelooflike reis gestap het.

Veertig jaar later staan Hartenbos Tandartse steeds op dieselfde waardes waarop alles gebou is: vertroue, eerlikheid, uitnemendheid en opregte omgee vir mense.

Hierdie mylpaal behoort nie net aan ons nie – dit behoort aan elke pasiënt, elke personeellid en elke familie wat oor die afgelope vier dekades deel van ons storie geword het.

40 jaar van passie. 40 jaar van toewyding. 40 jaar van vertroue. 40 jaar van mense laat glimlag.

En terwyl ons met dankbaarheid terugkyk op die afgelope vier dekades, sien ons met opgewondenheid uit na die toekoms.

Baie dankie, Hartenbos, Mosselbaai en die hele Tuinroete, dat julle ons al 40 jaar lank deel maak van julle lewens. Dit is vir ons 'n voorreg om elke dag glimlagte te skep.😁

Op die volgende 40 jaar van gesonde glimlagte, opregte sorg en 'n nalatenskap waarop ons almal trots kan wees. 💙🦷

Dankie Pa.Aan al die wonderlike pa’s, dankie vir  leiding, ondersteuning en die manier waarop Pa altyd daar is wanneer d...
21/06/2026

Dankie Pa.

Aan al die wonderlike pa’s, dankie vir leiding, ondersteuning en die manier waarop Pa altyd daar is wanneer dit saak maak.

Vandag is al ons vaders se spesiale dag!

Gelukkige Vadersdag.

Address

30 Stellenbosch Avenue
Hartenbos
6520

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00

Telephone

+27446951134

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartenbos Tandartse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Hartenbos Tandartse:

Shortcuts

Share