29/10/2020
Sukkel u met 'n kunsgebit wat te los is of seermaak? Weet u dat 'n vol kunsgebit omtrent elke 5 jaar vervang of ten minste opgevul moet word? Dit is omdat die kakebene en tandvleis steeds krimp en van vorm verander met tyd, met die gevolg dat die gebit al swakker pas.
Ons kan ook die onderste gebit opvul met 'n sagte rubberagtige materiaal, wat dit baie gemakliker maak. In ekstreme gevalle kan ons selfs implantate in die kakebeen plaas, waaraan die gebit kan vashou en dus minder rondbeweeg en baie gemakliker maak.
Ek maak self my pasiënte se gebitte, hulle word nie na 'n laboratorium gestuur om te laat maak nie. Op die manier kan ek meer aandag gee aan u spesifieke behoeftes en 'n hoë kwaliteit produk aan u lewer, teen laer koste.
Skakel ons gerus vir 'n afspraak, dat ons na u behoeftes kan kyk.